In die
normaliteit van die gewoonte om vasgevang te word in die algemene gedagtes en
die menslike voortbestaan en nie die geskenk om werklik te lewe nie word jou
lewensmaat wat ek dink die natuur vir jou gekies het nie altyd as die geskenk
van God raakgesien nie.
Maaar soms het ‘n mens werklik helder oomblikke en net vir ‘n paar minute word tyd vasgevang in ‘n kokon en word die mens weereens verras vir die asemrowende geskenk van jou lewensmaat. Staan dan vir ‘n oomblik terug en glimlag want die geskenk is reg voor jou.
Die besef en werklikheid kry ‘n kans om deur te dring ek is ‘n mens en ‘n ander mens het my raakgesien, nie my foute misken nie maar dit in liefde aanvaar en bereid om daarop te reageer in so ;n wyse dat my glimlag tot in die diepste kamers van my hart deurdring en die wortels daarvan skud.

Die God gegewe geskenk om mekaar in diepte lief te hê.
Sê dan net dankie en hoop dat dit nie te lank sal neem voor tyd weer vir jou sal stilstaan nie. Waardeer haar, koester haar en verklaar jou liefde want dit is wat jou ‘n mens maak soos God dit wou hê.